SAL weer in die nuus

Die toekoms van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se filiale, SAL Tegnies, AirChefs en
veral Mango, bly onseker, al is ‘n strategiese ekwiteitsvennoot vir die SAL
aangewys. Pravin Gordhan, die Suid-Afrikaanse minister vir staatsondernemings, sê die
nuwe SAL sal kyk na hul lewensvatbaarheid, berig Suid-Afrikaanse media.