Burgemeester van Rehoboth sterf

Boodskappe van meegevoel en empatie word ontvang met die afsterwe van die
burgemeester van Rehoboth, Rudi van Wyk. Hy het vroeëer die week op sy
facebookblad aangedui dat hy Covid-19 onderlede het. ‘n Nuwe rekordgetal van 1 432
nuwe Covid-19 gevalle is intussen bevestig waarvan 844 in Windhoek is. Die aktiewe
gevalle is op die oomblik 8 088, waarvan 374 in die hospitaal en 68 in  hoësorg is. Die
herstelkoers is 86%. Tot op hede is 85 539 mense reeds teen Covid-19 ingeënt.