Sal tariewe in Whk vanaand verhoog word?

Die Windhoek munisipaliteit hou vanmiddag om halfses sy maandelikse raadsvergadering en dit is nie duidelik of nuwe tariewe vir water en elektrisiteit aangekondig sal word nie. Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 2.92% in die grootmaattarief einde April vir NamPower goedgekeur en die nuwe prys tree op 1 Julie in werking. ErongoRed het ook intussen sy klante laat weet dat hy ook binnekort tariewe sal hersien. Dit is die eerste kragverhoging in twee jaar. Dit is nog die duidelik wat NamWater se beplanning is nie.