Cholera steeds ‘n uitdaging

Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hoewel cholera ‘n voorkombare siekte is, bly dit wêreldwyd ‘n groot openbare gesondheidsprobleem. Daar is jaarliks wêreldwyd bykans 4 miljoen cholera-gevalle en meer as 21 000 sterfgevalle. Zambië ondervind sedert 1977 gereeld cholera-uitbrekings en die laaste beduidende een was tussen Oktober 2017 en Junie 2018. Die WGO sê dit ondersteun die 2017-strategie van die wêreldwye taakspan vir die beheer van cholera. Dit het ten doel om cholera-sterfgevalle teen 2030 met 90 persent te verminder en die siekte in tot soveel as 20 lande uit te wis.