ReconAfrica: Eksplorasiewerk duur voort ondanks ‘flop’

ReconAfrica het die resultate van sy Makandina 8-2-put in die noordooste van Namibië se Kavango-kom aangekondig. Hoewel dit geologies ‘n suksesvolle put is, is dit nie ekonomies volhoubaar nie. Verskeie internasionale olie- en gasmark-rolspelers beskryf dit as ‘n flop en sê ReconAfrica het nie daarin geslaag om lewensvatbare hoeveelhede olie of gas te vind nie, wat sy plan om ‘n vennoot te vind om toekomstige boorwerk te help finansier, knou. Toe die nuus oor die mislukking bekend gemaak is, het ReconAfrica se aandele skerp gedaal. Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se kommunikasiedirekteur sê aan Kosmos 94.1 Nuus hul eksplorasiewerk duur voort.