SAL het R3,5 milard se skuld

Die Departement van Openbare Ondernemings sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens staar waarskynlik likwidasie in die gesig indien die strategiese aandele vennootskap met die Takatso-konsortium deur die mat val. Regeringsamptenare werk volgens berigte uit presies hoeveel geld die SAL nog van die Nasionale Tesourie nodig het om sy bestaande skuld te vereffen en die ooreenkoms met Takatso-konsotrium af te handel. Takatso is nie bereid om enige van die lugredery se bestaande skuld oor te neem nie. Die departement sê hy kort ongeveer 3,5 miljard Suid-Afrikaanse rand van die tesourie om die lugredery se skuld te betaal.