Nuyoma tree af by GIPF, na 10 jaar

David Nuyoma tree na tien jaar se diens aan die stuur van die Staatinsinstellings Pensioenfonds, af. Hy word alom geloof vir die sukses wat hy by die fonds behaal het. Onder sy leierskap het die fonds se batebasis byna drievoudig vergroot van ‘n skamele 50 miljard Namibiese dollar in 2013 tot die huidige meer as 145 miljard dollar. Nauyoma se kontrak eindig in Desember maar, is vir ses maande verleng. Nuyoma, het homself ook beskikbaar gestel om sy plaasvervanger by te staan vir seepglad oordrag van mag. Die pos word binnekort geadverteer.