SAL hervat internasionale roetes
Die buurland se kabinet het die herbekendstelling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se internasionale roetes verwelkom. SAL se terugkeer na interkontinentale vlugte, veral na São Paulo, Brasilië, dui op die herlewing van die langafstand-diens vanaf Kaapstad en Johannesburg. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die terugkeer van die lugdiens na internasionale roetes sal na verwagting ‘n deurslaggewende rol speel in die bevordering van internasionale reise na Suid-Afrika.