SAL en British Airways bespreek franchise-ooreenkoms

Die tussentydse voorsitter en uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, John Lamola, bevestig die redery is in gesprek met British Airways oor die moontlikheid om sy franchise-ooreenkoms in Suid-Afrika oor te neem. Dit volg nadat British Airways sy franchise-ooreenkoms met Comair gekanselleer het, nadat dit in Junie voorlopig gelikwideer is. Comair het kulula.com sowel as die binnelandse en streeksvlugte van British Airways as deel van die franchise-ooreenkoms bedryf.