EIF help gemeenskappe by Spitzkoppe met mini-waterontsoutings-aanlegte

Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, het waterversagtings-eenhede ter waarde van 1 miljoen Namibiese dollar aan gemeenskappe in die omgewing van die Spitzkoppe in die Erongo-streek geskenk. Die mini-ontsoutings-aanlegte sal by drie waterpunte van gemeenskappe op die plase Vrede en Goeie geluk en die Santamab-pos geïnstalleer word om veilige drinkwater vir mens en dier te verskaf. Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, sê dit sal nie net maklike toegang tot water verseker nie, maar ‘n doeltreffende en gereelde water-voorsieningstelsel vir die hele gemeenskap.