Onploffing by Afghaanse moskee eis lewens

’n Ontploffing by ’n moskee in die stad, Herat, in die weste van Afghanistan, het ’n hooggeplaaste pro-Taliban-geleerde asook meer as ’n dosyn burgerlikes se lewens geëis. Meer as 20 mense is beseer. Internasionale media berig niemand het onmiddellik aanspreeklikheid aanvaar nie. Die ontploffing het Vrydagmiddag tydens gebede in die Guzargah-moskee gebeur. ‘n Woordvoerder van die Taliban het aan verslaggewers gesê diegene wat verantwoordelik was vir die bomaanval sal gestraf word.