SAKP verwelkom die opsystaan-reël

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die Wes-Kaap verwelkom die ANC in die provinsie se besluit om die opsystaan-reël toe te pas vir kandidate wat met strafregtelike klagtes te doen het. Minstens drie kandidate is daardeur geraak. Hulle is verwyder van die party se verkiesingslys vir 1 November se stemmery. Die SAKP voeg by hulle sal nie enige verdagte of korrupte ANC-kandidate steun nie.