Twee restaurante in Kaapstad onder die 100 bestes in die wêreld.

Twee restaurante in Kaapstad  tel onder die 100 bestes in die wêreld. Die organiseerders het die lys, wat die Oscars van kos genoem word, bekend gemaak in aanloop tot die jaarlikste prysuitdeling wat op 5 Oktober in Antwerpen, België, gehou word. La Colombe is nommer 81 op die lys met Fyn in die 92ste posisie. Fyn, wat aan Peter Tempelhoff behoort, word erken slegs drie jaar nadat dit geopen het. La Colombe se bestuurder, die uitvoerende chef James Graag, het die restaurant se ondersteuners op sosiale media bedank nadat dit sy soveelste benoeming gekry het.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *