SAKP skaar hom by stryd in Eswatini

Die eerste adjunk-algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Madala Masuku, vra die Kommunisteparty van Swaziland en die SAKP moet bande versterk en die werkersklas verenig in die stryd om sosialisme. Masuku het die beroep gedoen toe hy die SAKP se boodskap van steun oorgedra het aan die party in Eswatini se vyfde nasionale kongres. Die Kommunisteparty van Swaziland se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê die twee partye moet mekaar versterk en steun in die konteks van die stryd om sosialisme uit te bou: