Brink boos oor arrestasie van AfriForum-lede na hulle afvoerstelsels skoonmaak

Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê hy is ontsteld om te sien dat lede van AfriForum beboet is omdat hulle bloot die stad gehelp het om afvoerstelsels skoon te maak om oorstromings te verhoed. Brink noem die voorval ‘n absoluut onnodige optrede deur die stad wat hy sal laat regstel. Hy beklemtoon dat dié soort optrede deur gemeenskappe verwelkom moet word, en nie gestraf behoort te word nie: