Sonder vervaardiging sal handelstekort voortduur

Namibië se handelstekorte sal vir die nabye toekoms, ten minste tot die einde van die jaar voortduur. ‘n Hersiening van die eerste kwartaal van vanjaar deur Simonis Storm toon dat die land se swak vervaardigingskapasiteit daartoe bydra omdat, ten spyte van die daling in die koste van verskeping en kommoditeitspryse sedert die middel van verlede jaar, die land baie afhanklik is van invoere. Die swakker Suid-Afrikaanse rand, hoër oliepryse en hoë inflasie in ons handelsvennote sal die kostes van invoere hoog hou, hoër as die inkomste van uitvoere.