SAKP skaar hom by Palestyne

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party sê Palestyne het die reg om vir hul vryheid te veg. Lede van die SAKP het deelgeneem aan ‘n optog deur die Palestine Solidarity Alliance in Johannesburg. Meer as 1 300 mense is verlede naweek in Israel deur Hamas-militante doodgemaak, terwyl meer as 2 600 mense dood is in Israel se vergeldingsveldtog op die Gaza-strook na afloop van die Hamas-aanval. Die SAKP se woordvoerder, Alex Mashilo, sê hulle betoon solidariteit met die Palestynse volk in hul stryd om vryheid en nasionale selfbeskikking: