SAKP sê Zuma-sage herinner aan die oppergesag van die wet

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het die boodskap van sy 100ste herdenking herhaal na die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma. Die party sê die land se Grondwet is nie goedsmoeds aan Suid-Afrikaners gegee nie en was die gevolg van ‘n dekades-lange vryheidstryd. ‘n Woordvoerder, Alex Mashilo, sê Zuma se oorgawe aan die polisie bring ‘n belangrike boodskap dat daar gehoor gegee moet word aan die oppergesag van die wet waarvoor daar so hard baklei is: