Sakepersoon? Bipa soek jou tjing!

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, herinner alle geregistreerde maatskappye, of hulle aktief sake dryf of nie, om aan die einde van hul finansiële jaar hulle jaarlikse heffing aan Bipa te betaal. Die owerheid het ‘n veldtog van stapel gestuur wat tot April duur. Ockert Jansen, hoof van korporatiewe kommunikasie by Bipa, verduidelik.