Namibië en Rusland se Olimpiese-owerhede gesels

Daar word berig dat die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee vergader het met Rusland se komitee in ‘n poging vir nouer samewerking. Die plaaslike president Abner Xoagub het virtueel met Rusland se sekretaris-generaal Rodion Plitukhin ontmoet. Daar word verwag dat die twee komitees ‘n memorandum van verstandhouding sal onderteken wanneer verteenwoordigers by die Russiese Afrika-beraad in Julie vanjaar in St. Petersburg vergader. Die twee wil sportbande versterk. Rusland se atlete mag nie aan internasionale byeenkomste deelneem nie as gevolg van die oorlog en aantygings van ‘n regeringsgesteunde program vir opkikkers.