Sake verloop goed by Ruach Elohim, maar hulp is altyd nodig

Die Ruach Elohim-stigting op Swakopmund sê dinge verloop redelik goed maar die kostes om ongewensde babas te versorg is hoog. Ronel Peters, een van die stigters, sê die gemeenskap doen sy beste om hulle by te staan. Sy moedig ma’s aan om eerder hul babas by hulle te los en vra ook vir bystand van die gemeenskap.