Grand Prix: Piastri voor in ItaliëMay 18, 2025

Oscar Piastri het Saterdag opnuut gewys hy en sy McLaren kan die vinnigste wees en sal vandag by die Emilia Romagna Grand Prix in Imola, Italië, voor wegspring. Piastri se tyd van 1 minuut 46,670 sekondes in die kwalifiseringsronde Saterdag was die vinnigste. Die Australiër was 0,034 sekonds voor Max Verstappen, Nederlandse wêreldkampioen van Red Bull, met Brittanje se George Russell van Mercedes in die derde plek op die wegspringrooster.