Israel, Hamas hervat stilstandonderhandelingeMay 18, 2025

Israel en Hamas het onderhandelinge oor ‘n skietstilstand Saterdag in Katar hervat midde voorbereidings deur die Israeliese weermag vir ‘n massiewe lug- en grondaanval op Gaza. Volgens Hamas se gesondheidsministerie is meer as 150 mense die afgelope 24 uur in Gaza dood. Bomaanvalle op Gaza die afgelope week was die ergste sedert die verstryking van die vorige skietstilstand in Maart. Honderde mense is gewond en is in hospitale opgeneem en talle ander is onder puin vasgekeer.