Sahrawi: Wat is nou eintlik Ruto se standpunt? 

Daar is verwarring oor of Nairobi bande met die betwiste Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek, die SADR, in Wes-Sahara verbreek het of nie. Dit kom nadat Kenia se nuwe president, William Ruto, so aankondiging op sy Twitter-blad gemaak het maar kort daarna die twiet verwyder. Hy het gesê nadat hy die Marokkaanse minister van buitelandse sake, Nasser Bourita, ontmoet het dat “Kenia sy erkenning van die SADR terugtrek en stappe inisieer om die entiteit se teenwoordigheid in die land te beëindig”. Maar hy het later die twiet verwyder sonder om ‘n verduideliking te gee. Die aankondiging het gekom skaars ‘n dag nadat die leier van die Polisario-onafhanklikheidsbeweging, Brahim Ghali, die beëdigingseremonie van Ruto as president in Nairobi bygewoon het. Die Algerijnse-gesteunde Polisario-front wil ‘n onafhanklike staat in Wes-Sahara hê.