Werkloosheid: Ingrypings is broodnodig 

Reaksie word ontvang op die nuus dat 176 maatskappye in 2020 hulle registrasie by die plaaslike owerheid Bipa, gekanselleer het, met twee maatskappye wat deur Bipa gelikwideer is. In Khomas in dieselfde jaar het 7 000 mense hulle werk verloor. Die arbeidskenner Herbert Jauch sê die syfers kom bo-op die erge werkloosheid wat reeds bestaan het. Hy sê ingrypings is dringend nodig.