Faf gesels oor Rugbykampioenskap 

Die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap het vanoggend in Melbourne begin, met Australië wat gasheer is vir Nieu-Seeland. Die All Blacks is tans een punt weg van die ander drie spanne – die Springbokke, die Wallabies en die Pumas. Suid-Afrika en Argentinië meet Saterdagaand kragte in Buenos Aires, en Bok skrumskakel, Faf de Klerk, sê hulle probeer om meer onvoorspelbaar te wees: