Saftu verwerp regering se plan oor basiese inkomste-toelae

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê die regering se plan om die basiese inkomstetoelaag te ontduik moet verwerp word. Dit volg nadat die regering sy planne uiteengesit het om die Maatskaplike Noodverligtings-toelaag met die werksoekers-toelaag en huishoudelike-toelaag te vervang. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die federasie herhaal sy eis dat ‘n basiese inkomste-toelaag geleidelik ingestel moet word teen 1 500 Suid-Afrikaanse rand.