Ongelukslagoffer op Windhoek-Rehoboth-pad se naam bekend

Carl Hugo Hahn is deur die Namibiese polisie as die slagoffer geïdentfiseer wat vanoggend omstreeks nege-uur op die B1-hoofpad tussen Windhoek en Rehoboth in ’n motorongeluk dood is. Die ongeluk het ongeveer 35 kilometer suid van Windhoek gebeur. Volgens die Namibiese polisie was hy op pad na Rehoboth en wou hy ’n voertuig verbysteek. Volgens ’n ooggetuie het Hahn en ’n aankomende vragmotor tromp-op gebots, waarna die bestuurder van die vragmotor beheer oor sy voertuig verloor en die vragmotor van die pad af geswenk het. Hahn is op slag dood.