Maatskaplike aktivis oor onaangemelde geslagsgeweld-gevalle 

‘n Namibiese aktivis het gereageer op statistieke wat aandui dat geslagsgeweld afgeneem het. Die Namibiese geslagsminister Doreen Sioka sê daar is net meer as 2 600 gevalle van geslagsgeweld in die 2020-2021 boekjaar aangeteken, teenoor die amper 5 500 wat in die vorige jaar aangemeld is. Terwyl dit ‘n noemenswaardige afname is, is daar steeds net meer as sewe gevalle daagliks. Die stand van sake word vererger deur statistieke dat net ‘n derde van die gevalle aangemeld word. Maatskaplike aktivis Rosa Namises het haar reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.