Saftu sê nee vir Eskom se verhoging

Die vakverbond Saftu sê hy is sterk gekant teen Eskom se aansoek by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika vir die verhoging van tariewe met 32-persent vir die boekjaar wat op 1 April volgende jaar begin. In sy jongste prysbepaling-aansoek by die energiereguleerder sê die krag-nutsmaatskappy die tariefverhoging sal ontluikende koste dek. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê as die voorgestelde 32-persent verhoging deur Nersa aanvaar word, sal dit beteken die prys van elektrisiteit het tegnies tussen 2007 en 2024 met meer as 539-persent gestyg: