Gaza-boer maak hengse ontdekking toe hy bome wou plant

‘n Palestynse boer het ‘n ryklik-versierde vloermosaïek uit die Bisaktynse Ryk in Gasa ontdek wat kleurvolle voëls en diere uitbeeld. Salman al-Nabahin sê hy en sy seun het die grond omgespit vir nuwe olyfboorde toe hullle op die skat afgekom het. Daar word berig die Bisantynse Ryk was die oostelike deel van die Romeinse Ryk, wat terugdateer kan word na 330 n.C., en meer as duisend jaar voortbestaan het.