Nudo stem saam oor Shark-eiland

Die president van die Nudo-party, Ester Muinjangue, stem saam met die Forum van Duitssprekende Namibiërs wat sê Shark-eiland moet ‘n waardige gedenkplek word ter herinnering aan die duisende Ovaherero wat daar as krygsgevanges aangehou is deur die koloniale Duitse magte. Die forum se voorsitter Harald Hecht sê die oppervlakkige gebruik van die plek, tans as kampterrein, is nie korrek nie. Muinjangue verduidelik haar standpunt.