Saftu loof SARB se beslaglegging van Jooste se bates

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die hofbevel ten gunste van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om beslag te lê op die bates van die gewese uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, verwelkom. Die bank het beslag gelê op sy strandhuis in Hermanus, die historiese Lanzerac-wynlandgoed buite Stellenbosch en bates geregistreer onder die Silver Oak Trust. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê Jooste was die meesterbrein agter die bedrog en kunsmatige inflasie van Steinhoff se wins en bates, wat tot een van die grootste korporatiewe skandale gelei het: