Dis hoekom bekostigbaarheid op ‘n laagtepunt is

Die kwessie van voedselsekerheid gaan hand aan hand met die kwessie van bekostigbaarheid. Die bekostigbaarheid-indeks sluit in die verandering in gemiddelde voedselkoste, landbouhandel, voedselveiligheidsnet-programme en befondsing vir voedselveiligheidsnet-programme. Die beskikbaarheid-indeks sluit in voldoende aanbod, landbou-infrastruktuur en politieke en maatskaplike hindernisse tot voedsel. Landboukundige, Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die beskostigbaarheids-indeks op ‘n laagtepunt in Namibië is.