Uganda se koffie-uitvoere neem af oor droogte

Uganda se koffie-uitvoere het verlede maand afgeneem weens die impak van ‘n droogte wat baie gebiede regoor die land raak. Owerhede sê daar is in September net minder as 503 700 60 kilogram sakke verskeep, 14 persent minder as verlede jaar. Uganda is Afrika se grootste uitvoerder van koffie, gevolg deur Ethiopië, en die land maak staat op die buitelandse valuta. September is die laaste maand van die oesjaar, wat die vorige Oktober begin.