Saftu kritiseer sloer-optrede teen onwettige mynbouJuly 6, 2023
Die vakbondfederasie Saftu het die regering se pogings om onwettige mynbou in die land hok te slaan, gekritiseer. Dit volg nadat daar bevestig is 17 mense het Woensdag gesterf toe ‘n gassilinder wat nitraat-oksied bevat by die Angelo informele nedersetting in Boksburg, vermoedelik weens onwettige mynbou-bedrywighede gelek het. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê die toename in onwettige mynbedrywighede kan toegeskryf word aan ‘n toestroming van onwettige immigrante.