Saftu-hoofsekretaris: Steve Biko sou teleurgesteld wees in nuwe SA

Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Zwelinzima Vavi, sê die huidige leiers skiet tekort wat die beginsels betref waarvoor die ontslape anti-apartheids-aktivis, Steve Biko, gestaan het. Dit volg op die land se 45-ste herdenking van Biko se dood. Vavi het ter nagedagtenis aan die ontslape held by die Steve Biko-sentrum in die Oos-Kaap gepraat en sê Biko sou teleurgesteld wees in die huidige situasie in Suid-Afrika weens die hoë lewenskoste en die vlakke van korrupsie.