Tweede sterfgeval van Guillain-Barré-sindroom in SA ná inenting

Op 4 Augustus 2022 het die Suid-Afrikaanse Gesondheids-produktebeheerraad, Sahpra, ’n mediaverklaring uitgereik oor die eerste sterfte weens Guillain-Barré-sindroom nadat ’n Suid-Afrikaner met die Janssen Covid-entstof ingeënt is. Dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, uitvoerende hoof van die raad, het pas bevestig dat Sahpra onlangs ingelig is van ’n tweede sterfte weens Guillain-Barré-sindroom ná ’n inenting met dieselfde entstof. Dié sindroom word dus as ’n seldsame nadelige gebeurtenis van die Janssen Covid-entstof gelys.