Nasionale karate-kampioenskap ‘n reuse-sukses

Die Shotokan Karate Akademie Internasionaal het sy nasionale kampioenskap Saterdag in Windhoek aangebied. In die vroue swartgordel senior afdeling het Morchen Coetzee ‘n tweede plek in die kata behaal. Die kata-wenner van die mans swartgordel senior afdeling is Shane Husselmann. Die seuns kata-kampioen wat die kata Ji-in uitgevoer het, is Giscardo Izaacks. Willem Burger van die Shotokan Karate Akademie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die toernooi was ‘n reuse-sukses.