Saftu eis De Ruyter se bedanking

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu het sy oproep vir die onmiddellike bedanking van Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, herhaal. Die federasie sê Eskom gaan voort om die land onder sy leierskap in ongekende vlakke van beurtkrag te dompel. Trevor Shaku van Saftu beskuldig De Ruyter daarvan dat hy apartheid se ruimtelike klassifikasie weer ingestel het deur swart werkersklas-woongebiede te teiken vir uitgebreide ure van beurtkrag maar nie die voorstede nie: