Kawana belowe om polisie se behuising te verbeter

Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, het sy kommer uitgespreek oor die toestande waarin sommige beamptes leef, veral dié wat by die land se grense gestasioneer is. Hy sê veral diegene wat in die spesiale reserwemag by die land se grense ontplooi is, ervaa ‘n gebrek aan behoorlike verblyfgeriewe. Hy meen dit is ‘n dringende kwessie. Volgens Kawana het President Hage Geingob hom opdrag gegee om polisiedorpe te bou en sê die projek sal begin word voordat hy uit die politiek tree.