Bolsonaro sê Lula se oorwinning maak sy siel seer

Die Brasiliaanse President Jair Bolsonaro het vir die eerste keer sedert sy verkiesingnederlaag op 30 Oktober sy stilte verbreek en met ondersteuners gepraat. Sy ondersteuners vra vir ‘n militêre staatsgreep om te keer dat die linkse verkose President Luiz Inacio Lula da Silva die amp beklee. Bolsonaro sê die uitslag maak sy siel seer en wat volgende gebeur en waar die weermag gaan berus by sy ondersteuners. Hy het bygevoeg dat die weermag die land se Grondwet moet ondersteun maar het nie toegegee dat Lula gewen het nie. Hy het ook sy ondersteuners aangemoedig om betogings buite weermagbasisse voort te sit. Lula se noue oorwinning oor Bolsonaro sal Maandag deur Brasilië se nasionale verkiesingsowerheid gesertifiseer word en hy neem in Januarie die leisels oor.