Saftu betreur nuus oor SAL

Die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie, Saftu, betreur die privatisering van die Suid-Afrikaanse lugdiens en doen ‘n beroep op ‘n volgehoue stryd teen wat hy beskryf as die neo-liberalistiese beleidsrigting van die ANC. Die buurland se minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het aangekondig dat 51-persent van die nasionale lugredery aan die Takatso-konsortium verkoop is. ‘n Woordvoerder van Saftu, Travor Shaku, sê hulle beskou dit as ‘n voortsetting van die neo-liberalistiese herstrukturering van die ekonomie waarin die staat se rol in die voorsiening van goedere en dienste verminder word