Lekker rugby vanaand

Rugby: Alle oë is vanaand op Durban gerig waar die Bulls slegs een punt nodig het om vir die Pro14 Reënboogbeker se noord-suid-eindstryd te kwalifiseer. Die Sharks moet met ‘n bonuspunt wen en hulle teenstanders van Pretoria van ‘n bonuspunt ontsê, om te kwalifiseer. ‘n Covid-19-uitbraak by die Walliese klub Ospreys het die Italiaanse Benetton-span per toeval die teenstanders vir die Suid-Afrikaners gemaak. Die kragmeting sal volgende naweek in Treviso plaasvind. Vandag se ander plaaslike wedstryd tussen die Stormers en die Lions moes ook weens die virus afgelas word.