Elon Musk verbeter wêreldrekord

Die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, het ‘n wêreldrekord verbeter. Guinness-wêreldrekords sê Musk het die rekord oortref vir die grootste verlies aan ‘n persoonlike fortuin in die geskiedenis. Hy het in 2022 meer as 1,69 miljard Namibiese dollar van sy netto waarde verloor weens die ineenstorting van die waarde van Tesla-aandele. Musk spog ook nie meer met die titel van die wêreld se rykste persoon nie. Volgens Forbes, is sy fortuin nou net 2,4 miljard dollar werd.