Saara sê oor voedseltekorte in die land

Die jongste verslag van Welthungerhilfe in samewerking met Concern Worldwide plaas Namibië 80ste uit 116 lande en voeg by dat die land een van 37 is met ‘n ernstige probleem wat honger betref. Volgens die navorsing het 20 persent van die land se bevolking uiterse voedseltekorte verlede jaar ervaar en net minder as 20 persent van die landsburgers is ook ondervoed. ‘n Totaal van 17,7 persent van kinders in Namibië het nie genoeg kos om te groei nie. Syfers het effe verbeter teenoor die wat in 2010 gemeet is. Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van voedselsekerheid.

En sy gee ook die regering se standpunt oor hoe om Namibië tot ‘n selfstandige nasie te ontwikkel.