Ramaphosa spreek werkloosheid aan, sê hy

President Cyril Ramaphosa sê die bekendstelling van die Presidensiële Werkskepping-stimulus verteenwoordig groot vordering in die strewe na die skepping van werksgeleenthede vir werklose Suid-Afrikaners. Meer as ‘n half-miljoen burgers het reeds voordeel getrek uit die eerste fase. In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa te midde van die ekonomiese terugslag van die Covid-19-pandemie, was openbare en maatskaplike indiensneming ‘n belangrike stimulus vir werkskepping. Hy voeg by werkloosheid is ‘n ernstige probleem en die land kan nie eindelose vertragings met die aanspreek daarvan bekostig nie.