Saara sê geraakte volksmoord-gemeenskappe het nie na onderhandelingtafel gekom

Die kwessie oor die volksmoord-ooreenkoms maak opspraak in die Nasionale Vergadering. Die Namibiese regering het onder spervuur gekom oor die manier hoe hulle die onderhandelingsproses hanteer het. Geraakte groepe sê hulle is nie geken in die proses nie en is bekommerd oor die uitkoms van die onderhandelinge. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die regering verdedig en gesê hul bedoeling was dat geraakte gemeenskappe self onderhandel, maar hulle het nie na die onderhandelingstafel gekom nie.