SA vervoerminister: Kabinet het nog nie finaal oor e-tolstelsel besluit

Die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê die bewering dat hy aangedui het die kabinet het ‘n finale besluit oor die e-tolstelsel in Gauteng geneem, is misleidend en onakkuraat. Mbalula het verlede week die uitdagings uiteengesit wat daargestel word weens die vertraging in die neem van ‘n finale besluit oor die omstrede stelsel. Die departement se woordvoerder, Esethu Hasane, sê Mbalula het aangedui daar is verskeie faktore wat oorweeg moet word in die proses om die aangeleentheid af te handel.