Saara is bly private sektor stel belang in groenskemas

Eerste Minister Saara Kuugongwelwa-Amadhila is vandag in die Kavango Oos-streek. Sy het besoek afgelê by die goewerneur Bonifatius Wakudumo. Sy sê sy is bly dat die private sektor gereed is om in die regering se groenskemas te belê om nasionale voedselsekerheid te verseker. Sy sê nie net bring die sektor befondsing nie maar ook vaardighede. Sy het die hoop uitgespreek dat die Rundu-abattoir, wat besig is om voltooiing te nader, kan bydra tot waardetoevoeging in die vleissektor in daardie streek. Sy voeg by die vervaardigingsbedryf moet versterk word om waarde tot landbouprodukte toe te voeg en die ekonomie te laat groei.